fbpx

Bitty Terblanche van Scott's Manor gee vir ons insig oor hoe dit is om 'n konferensie en trou venue te bestuur.

This article is also available in English here.

Q. Vertel ons asseblief van jou, en hoe jy besluit het om vir Scott’s manor te koop.

A. Hotelwese was altyd my droom, maar my pa het 40 jaar terug gesê ek mag nie hotelskool toe gaan nie. Toe word ek ‘n apteker. Die droom om my eie gastehuis/hotel te besit het egter nooit vervaag nie. In 1997 het die vervalle huis wat vandag Scot’s Manor is ‘n “te koop” bordjie gekry.

Ek het dadelik die eienaar gekontak, en my vriend Burger se vraag “Waar gaan jy geld kry?” het op dowe ore geval.  Met ‘n tweeling van 8 jaar oud, en ‘n dogterjie van 5 het ek my oë toegeknyp en my ding gedoen.

Ek het my kar verkoop, en al my polisse laat uitbetaal, en die klein bietjie geld wat ek gehad het bymekaar gesit. Daarna het ek by die bank gaan aanklop vir ‘n lening.

Ek glo my groot hoeveelheid entoesiasme en moed, het die bankbestuurder laat besluit om my ‘n kans te gee. Van dag een af, met baie genade van bo, het ek en my personeel die besigheid as ‘n wenresep bestuur. Al drie dames wat saam met my begin het, is vandag nog saam met my.

Q. Wat was jou toekoms visie vir Scott’s manor, en hoe het julle dit bereik?

A. My droom was om ‘n paar kamers te hê, ontbyt te bedien en soms aandete… Nooit het ek gedink dat ons so ‘n groot sukses sal wees nie.

Met harde werk het ons die plek verander in ‘n konferensie en trou venue met twee lokale, wat onderskeidlik 70 en 180 gaste kan akkomodeer. Ons het tans 33 kamers, wat 70 gaste wat kamers deel,  kan huisves.

Ek het altyd gesê ons moet “iets” probeer verkoop wat ‘n gas nie by sy huis kry nie.

Die extra myl wat ons stap vir ‘n gas, die “attention to detail” maak Scott’s Manor anders as enige ander gastehuis. Goed soos die atmosfeer wat geskep word met kerse, sagte musiek, die beste diens en die lekkerste kos.

Q. Op watter manier probeer julle om elke konferensie wat julle aanbied verskillend te maak?

A. Ons doen baie konferensies waar kliënte van sover as Johannesburg/Bloemfontein kom. Omdat ons 70 gaste wat deel, kan laat oorslaap, maak dit ons venue ideaal vir konferensies en spanbou.

Ons profesionele benadering tydens konferensies, en stiptelikheid maak ons uniek. Daar is ook gratis wi-fi vir al die konferensiegangers. Ons het ook een van die beste klank sisteme.

Ons bied ook die diens aan waar daar ‘n ‘wireless presentation connector “ is. Die aanbieding word dan vertoon word op almal se skoot rekenaars. Ons kos en happies tydens koffie/tee tye is ook baie gewild.

Q. Wat is julle benadering teenoor bemarking?

A. Diens ….diens…. diens…..  Die beste bemarking is die laaste gas wat jou tevrede verlaat. Ons is ook baie aktief op Facebook en Instagram.

Q. Watter toekennings het julle al ingepalm in die verlede?

Ons het al vele toekennings gekry.

Top Travel Awards Gold 2021

LTG Arica&Middle east AWARDS 2019 Winner Luxury apartments 2019

LTG Arica&Middle east AWARDS 2019 Winner Luxury apartments 2018

AA Travel Guides Accommodation awards runner up for many years

20 years Accommodation Awards-2014 consistent ACHIEVER

Northwest Tourism board Hartsmeander award 2011

AA Travel Guides Accommodation Awards WINNER 2010

Basiese kontak details:

Kontak persoon: Bitty Terblanche

E-mail adres: [email protected]

Website: https://www.scottsmanor.co.za/

Facebook: https://www.facebook.com/scottsmanorguesthouse

Instagram: https://www.instagram.com/scottsmanorboutiquehotel/